DR RONEL PODDE INC
  • Home
  • About
  • Services
    • Dental Services >
      • Single Visit Dentistry
      • Basic Dentistry
      • Oral Hygiene and Preventative Dentistry
      • Specialised Dentistry
      • Peadiatric Dentistry
      • Orthodontics
      • Sports Dentistry
      • Digital x-rays
      • CBCT Scans
      • Snoring and Apnea Treatment
      • Dr Green Apple Shop
    • Cosmetic Services >
      • Teeth Whitening
      • Botox
      • Fillers
      • Excessive Sweating Treatment
    • Digital Services for Dental Practitioners
  • Dental Tourism
  • Before & After
  • Latest News
  • Facilities
  • Contact
  • WhatsApp

Vat die byt uit nagrus uit

4/11/2014

17 Comments

 
Click here to read the English version of this article.
PictureHierdie artikel was ook gepubliseer in die Januarie 2015 uitgawe van Premier Magazine.
Om aan die einde van die jaar produktief en positief te bly is moeilik genoeg sonder om met die gevolge van 'n gebrek aan goeie kwaliteit slaap ook hoef saam te leef. Slaap verlies kan die gevolg wees van stres, ongesonde leefstyl, geraas of mediese probleme soos slaap apnee en uitermatige snorkery. Hierdie slaap versteurings veroorsaak aanhoudende moegheid en frustrasie vir nie net die lyers nie, maar ook vir die mense wat hulle slaap spasie deel.

Die moegheid en swaarmoedigheid wat hand-aan-hand gaan met swak kwaliteit slaap veroorsaak 'n verlies in produktiwiteit in die werksplek, sowel as industriële en motorvoertuig ongelukke. Gereelde slaapversteurings kan ook lei tot verskeie lewensdreigende mediese toestande soos hoë bloeddruk, hartaanvalle, diabetes, beroertes en in ernstige gevalle, die dood.

"Slaap apnee lyers ervaar aanhoudende moegheid gedurende die dag omdat hulle senuweestelsel nooit die diep slaap stadium bereik wat nodig is vir rus en ontspanning nie," sê Dr Ronel Podde, 'n tandarts in Pretoria wat slaaptoestelle verskaf aan slaap apnee lyers. "Sonder dat hulle dit weet kan slaap apnee lyers tot 600 keer gedurende die nag tydelik ophou asem haal. Asemhaling begin gewoonlike weer met 'n harde geluid, wat dan ook die persoon wat 'n kamer of bed met die lyer deel kan wakker maak."

Wanneer mens slaap verslap jou spiere, insluitende die spiere wat gewoonlik die lugweg oophou. As gevolg daarvan vernou die lugweg heelwat of val selfs tydelik plat, wat veroorsaak dat asemhaling vir 'n oomblik stop. Wanneer asemhaling stop, word die senuweestelsel, wat gemaak is om oorlewing te verseker, geaktiveer. Dit maak die liggaam wakker genoeg om weer asem te haal, maar nie noodwendig wakker genoeg dat die slapende persoon bewus is van wat gebeur het nie.

"Daar word baie grappe gemaak oor luide gesnorkery, maar nie baie mense besef dat dit 'n aanduiding van 'n meer ernstige onderliggende mediese toestand kan wees nie," verduidelik Dr Podde. "Selfs al is slaap apnee nie die oorsaak van luide snork nie en dus nie 'n gevaar vir die lyer nie, is die slaap versteuring vir die persoon wat die slaap spasie deel gewoonlik 'n oorsaak van groot frustrasie in verhoudings."

Oplossings vir uitermatige snorkery en slaap apnee sluit gewoonlik duur toetse, terapie en selfs operasies in. Alhoewel hierdie behandelings meestal effektief is, is dit ook duur en in die geval van 'n operasie, ook 'n risiko.

"Groot ontwikkeling is gedoen in terme van toestelle wat die diep slaap wat nodig is vir rus en ontspanning bevorder," sê Dr Podde. "Ons skryf 'n toestel genaamd Silent Nite voor vir pasiënte wat ly aan slaap apnee of uitermatige snorkery, en agt uit 10 pasiënte vind dat die toestel onmiddelike verligting bring."

Die Silent Nite toestel het 'n sagte binnekant en harde buitekant, en word gevorm volgens elke individuele pasiënt se mondvorm. Die toestel beweeg die onderkaak in 'n vorentoe posisie, wat veroorsaak dat die spasie in die lugweg wyer word en sodoende ook die sagte weefsel vibrasies (snorkery) verminder.

Die idee van slaap met 'n toestel in die mond kan vreemd klink, maar die oplossings wat tradisioneel voorgeskryf word is gewoonlik heelwat meer steurend en indringend.

"Verskeie Oor, Neus en Keel spesialiste het alreeds pasiënte na ons verwys om 'n Silent Nite toestel te ontvang, en die suksessyfer was opmerklik," vertel Dr Podde. "'n Goeie nagrus is meer bereikbaar as wat meeste mense besef. Goeie kwaliteit slaap kan 'n realiteit wees; dit hoef nie net 'n Kersfees wens of Nuwejaarsvoorneme te wees."

Kliek hier vir ons bladsy oor slaap apnee, of maak 'n afspraak om jou eie persoonlike Silent Nite te kry.

17 Comments
HENNIE LOUW
4/9/2018 18:32:13

Wat is die prys van die mondstuk. Laat weet asseblief..
?

Reply
Coriene vd Merwe
16/5/2019 11:21:03

Help hierdie produk met slaapapnee of net vir snork

Reply
Naomi de Wet
20/7/2019 19:43:33

Sal ook graag wil weet wat prys die mondstuk

Reply
Jan
17/1/2020 17:30:33

Waar kry ek so mondstuk

Reply
andries howell
1/11/2020 10:55:12

Sal graag wil weet wat is die prys en of dit sal werk vir slaap aknee?

Reply
Kobus Vorster
14/2/2023 05:32:24

Waar bestel ek?

Reply
Nanda Hefer link
6/6/2021 18:57:39

Werk hierdie toestel vir slaapapnee? Prys? Betaal Bonitas medies vir dit?

Reply
Magda
1/4/2022 06:17:21

Prys asb

Reply
Dollie Wasserfall
10/5/2022 21:14:37

Betaal Sizwe mediese fonds vir die toe stel. Wie kan ek kom sien indien wel. Net op n Saterdag beskikbaar vir afspraak.

Reply
Stef Du Toit
20/7/2022 11:21:27

Like to make a appointment

Reply
Frans Brits
21/7/2022 02:11:26

Wat kos die mondstuk

Reply
Dirk Louw link
17/10/2022 12:43:00

Wat kos die toestel en eie verskaf dit

Reply
Juane Le Roux
16/5/2023 22:10:13

Price please

Reply
Florette Oosthuizen
28/5/2024 22:18:00

Prys op Silent night toestel asb

Reply
Annemarie Davis
18/11/2024 09:59:23

Ek lui aan erg slaap apnee. K snork verskriklik. Maar my grootse probleem is, ek raak deur die dag aan d slaàp. Heeltyd. Terwyl k kos maak, terwyl k TV kyk terwyl ek skryf. Ek raak n gevaar vir myself

Reply
Emmarentia en Rudolph Louw
27/12/2024 11:39:46

Hoe of waar kan ons die Silent night vir my man kry?

Reply
Dollie Holtzhauzen link
8/4/2025 23:08:32

Ek het my kleintyd nagte omgebring deur boeke te lees. Green slaap ingekry Nie.My Nie geafekteer Ek het netball in skooldae vir Vrystaat gespeel,baie energies gehad en baie Min geslaap.Na Skool het gaan musiek swat.Ek het hokkie vir Noord Transvaal gespeel en nog steeds niks geslaap. My neef nooi my Na Bloemfontein vir 'n Students ete.Ek sit Lang's 'n mediese dr. Stel myself voor.Hy sê hy werk by Slaap kliniek I Universitas hospital. Ek Vettel hom van my slapeloosheid.Hy sê Kom vir 'n nag in Dan sit Ek jou op masjiene en Dan Kan hy 'n diagnose maak.Ek melt aan ,slaap die nag met Alles aan my gekoppel. Die volgende dag Kom hy Kyk,Ek is wawyd wakker.Hy gaan deur die papiere en sê my brain skakel Nie af in die nag Nie.Ek beplan alreeds die volgende dag.Hy sê jammer Ek sal Moet slaappille begin drink.Ons Kan Kyk of dit my nie in 'n retoene Kan bring nie.Dit het nie gehelp nie en is Nou 77 en drink nog Elke and twee slaappille,sit musiek aan en slaap. My gesondheid is goed. Wat gaan op die Lang termyn wat nog vir my gebeur of is Ek veilig. Ek is aktief,doen my eie huiswerk. Maar almal Om my praat my bang.Moet Ek my aan hulle sreur? Sal graag 'n Antwoord Wil hê. Baie dankie vir die luister na my.

Reply



Leave a Reply.

    View all our newsletters here.

     

    Archives

    April 2015
    March 2015
    January 2015
    November 2014

    Categories

    All
    Appearance
    CBCT
    Dental Hygiene
    Digitale X-strale
    Digital X-rays
    Orthodontics
    Slaap Apnee
    Sleep Apnea
    Snoring
    Tandhigiëne
    Teeth Whitening
    Voorkoms

    RSS Feed

Magalieskruin Location:

Contact Us Today Via WhatsApp:

Picture