Click here for the English version of this article
Die onlangse kroning as Mej Wêreld van Suid-Afrikaanse skoonheid Rolene Strauss het weer die eeu-oue debat oor die belangrikheid en impak van aantreklikheid na vore gebring. Verskeie wetenskaplike studies het bewys dat ons ‘n natuurlike voorkeur het om te hou van mense wat aantreklik is, en dat aantreklike mense ook vinnger vertrou word en meer verdien. Dit verduidelik natuurlik die aanhoudende groei van multi-biljoen Rand skoonheidsindustrie.
Die nuwe jaar het baie mense sien voornemens maak met beide ‘n persoonlike en professionele aanslag, insluitende verbeterde gesondheid, finansiële doelwitte, bevorderings en salaris verhogings. Ten spyte van jou gene is daar heelwat wat jy kan doen om jou voorkoms aan te pas met eienskappe wat wetenskaplikes sê bydra tot skoonheid, en ook sodoende die impak van ander se besluite op jou sukses. Terwyl die beginsel dat skoonheid dieper as vel diepte is totaal waar is, is daar tog areas waar goeie versorging jou natuurlike voorkoms kan verbeter.
Simitrie
Simetriese gesigte word beskou as meer aantreklik, en aantreklike mense word beskou as meer suksesvol. Ortodontiese behandeling is nie net vir suiwer kosmetiese doeleindes nie, maar ook om te help om tande makliker skoon te hou. Skewe tande verhoed tandeborsels en tandeflos om by al die nodige plekkies op jou tande se oppervlakte by te kom. Dit maak dat plaak moeiliker agterbly selfs nadat jy klaar tande geborsel het, en dus kan jou tande vinniger gaatjies ontwikkel. Terwyl draadjies en ander ortodontiese behandeling effektiewer is gedurende die tiener jare kan volwassenes ook groot baat vind deur die korrekte belyning van hulle tande.
Ouderdom
Tande verbleiking word bemark as ‘n vinnige regstelling van die resultate van slegte gewoontes wat kan ly tot swak tandhigiëne. Baie mense weet egter nie dat volwasse tande met tyd natuurlik van kleur verander soos wat die dentien, wat van nature geel is, verdik. ‘n Skitterwit glimlag kan jou gesig etlike jare jonger laat vertoon, laat jou baie gesonder lyk, en laat jou vriendeliker voorkom omdat jy nie kan help om te glimlag nie!
Reuk
Daar is al baie artikels geskryf en geselsies gemaak oor die impak wat reuk op die aantreklikheid skaal het. Baie mense is huiwerig of skaam om halitose (slegte asem) met hul tandarts te bespreek. ‘n Besoek aan die tandarts is egter die perfekte geleentheid om uit te vind wat die oorsaak en nodige behandeling is.
Higiëne
Plaak veroorsaak aanpaksel op en verkleuring van die tande in die korttermyn, en lei tot onooglike tandeskade oor die langer termyn. Meeste mense weet dat tande minstens twee maal per dag geborsel moet word, maar baie het nog nooit geleer hoe om dit deeglik te doen nie. ‘n Tandeborsel wat teen ‘n 45-grade hoek gehou word, en vir twee minute lank in klein sirkels oor alle tandoppervlaktes beweeg word, is ‘n goeie beginpunt.
Die gesegde “borsels slegs die tande wat jy wil behou” is baie waar. Tande is die enigste gedeelte van die menslike liggaam wat ditself nie kan herstel wanneer dit beskadig is nie. Wanneer ‘n tand eers beskadig of gedeeltelik verrot is, kan slegs ‘n tandarts die skade herstel en behandeling verskaf wat toekomstige probleme kan voorkom.
Gereelde besoeke aan die tandarts is gewoonlik laag op die ellelange lysie van dinge wat gedoen moet word, maar ‘n skalering en polering elke ses maande kan toekomstige probleme verhoed. Om voorkomend op te tree is beslis meer koste-effektief as wat dit is om tande te herstel of te vervang. Ongesonde tande en tandvleis kan ook aanleiding gee tot heelwat meer ernstige gesondheidsprobleme wat opsigself baie duur is.
Alhoewel studies oor die impak van skoonheid wys na die neiging om aantreklike mense meer suksesvol te ag, blyk dit dat die invloed van persoonlikheid op hoeveel mense van mekaar hou nogsteeds sterker is as suiwer voorkoms.
Dus ongeag van gene, skoonheidsroetines of –prosedures is die enigste feit van skoonheid dat dit vergaan, terwyl deug bly bestaan.