Click here to read the English version of this article
Die ou idioom dat iemand wat braaf is hare op hul tande het is vir niemand meer waar as vir tandartse nie. Voordat tegnologie vir die tandheelkunde industrie ontwikkel is kon tandartse slegs behandeling toedien gebasseer om dit wat die pasiënt kon vertel, gekombineer met die kennis wat hulle tydens jare van studie en ervaring opgedoen het.
Pasiënte hoef gelukkig nie meer as proefkonyne te dien nie vanaf x-straal tegnologie die soliedheid van tande en omliggende strukture minder misterieus gemaak het.
X-strale is vir lank al ‘n onderwerp wat teenstrydige opinies uitlok. Die waarde van sig verder as waaroor die naakte oog beskik moet opgeweeg word teen die potensiële risikos van ‘n oormaat blootstelling aan bestraling wat later van tyd kan lei na kanker, sklidklierprobleme en selfs infertiliteit.
Tegnologie het gelukkig al baie gevorder en nuwerwetse x-straal masjiene lewer aansienlik minder skadelike bestraling. Daar is ook masjiene wat ‘n drie-dimensionele aansig van dele van die menslike liggaam moontlik maak, wat nie met die naakte oog of tradisionele twee-dimensionele x-strale sigbaar is nie. Een van die nuutste tegnieke is sogenaamde Cone Beam Computed Tomography (CBCT).
CBCT skanderings produseer in minder as ‘n minuut akkurate voorstellings van been, spiere, en bloedvate moontlik. CBCT skanderings word gebruik vir veral die beplanning van tand implantaat plasing, ortodontiese behandeling, sowel as die diagnosering en behandeling van verskeie kaak en tandbeserings. Die tegnologie lewer tot 100 keer minder bestraling aan pasiënte as gewone CT skanderings.
Twee-dimensionele x-strale van tande, soos ‘n panoramogram, is bedrieglik omdat dit nie ‘n aansig van alle moontlike hoeke af verskaf nie. ‘n Implantaat kan byvoorbeeld perfek geplaas lyk op ‘n twee-dimensionele x-straal, maar heeltemal skeef wees van ‘n ander hoek af. So ‘n implantaat dra die risiko van senuweeskade wat kan lei tot moontlike verlamming van gesigspiere.
Aangesien die CBCT skandering tegnologie baie duur is, en ook in vir elke pasiënt se behandeling benodig word nie, kan alle tandarts dit nie in hulle praktyke aanhou nie. Dr Ronel Podde het egter ‘n CBCT skandeerder en die kennis om die voordeel van die tegnologie aan pasiënte van ander tandheelkundige praktyke ook te kan bied.
Hierdie diens is veral nuttig vir tandartse wat implantate as deel van hul dienste aanbied aangesien daar as deel van ‘n CBCT skandering afspraak ‘n gids vervaardig kan word wat die pasiënt na hulle verwysende tandarts kan terugneem om gebruik te word gedurende die voorgeskrewe behandeling. Sodoende ontvang die pasiënt die voordeel van vermindering in risiko terwyl hulle behandeling ontvang van ‘n tandarts waaraan hulle gewoond is, en tandartse het die gemoedsrus dat ‘n implantaat akkuraat geplaas is gebasseer op die drie-dimensionele skandering.
Daar is verskeie ander digitale x-straal opsies wat beskikbaar is aan tandheelkunde pasiënte:

- Cephalometriese skanderings:
Hierdie skadenrings word veral gebruik in die beplanning van ortodontiese behandeling aangesien dit tande in verhouding met die kakebeen en profiel besigitig. - Binnemondse x-strale
:
Indien daar ‘n spesifieke tand of area in die mond is wat seer is, maar daar is geen sigbare skade nie, kan ‘n binnemondse x-straal ‘n tandarts help om die tand en omliggende weefsel deeglik te bestudeer sonder om onnodige prosedures te doen. - Hand en gewrig x-strale:
Vir langer termyn behandeling, soos byvoorbeeld met kinders wat vinnig groei, kan hand en gewrig x-strale ‘n tandarts die nodige insig gee om behandeling te beplan wat die natuurlike groei van die beenstruktuur van die pasiënt se liggaam in ag neem.